- Die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes is in 1974 gestig deur die Florida Ring van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat die behoefte geïdentifiseer het dat ouer persone veilige residensiële sorg moet kan geniet.
- Daar was met die ander susterkerke in Roodepoort gekonsulteer en die Afrikaanse Sakekamer is vir hul kundigheid en befondsing genader.
- Die Stadsraad van Roodepoort het die grond vir die oprigting van die Sentrum geskenk.
- Roodepoort Sentrum vir Bejaardes ontvang geen subsidie van die Staat nie.
- Ons is ‘n privaat-instansie waar Jesus Christus geeër word en christelike waardes uitgeleef word.