Kantoor: 011-6725475 / 010-5936390 | bestuurder.rsvb@lantic.net
Loading...
Roodepoort Aftreeoord2019-02-07T10:03:14+00:00

Welkom By Roodepoort Sentrum vir Bejaardes

Die ideale plek om te kom aftree en vanwaar u nie weer sal wil verhuis nie.

Akkommodasie

Hier by RSVB ontvang inwoners veilige huisvesting, sekuriteitsdienste,  3 maaltye per dag,  toebroodjies saans, koffie en tee deur die dag, die was en stryk van hul wasgoed, die skoonmaak van hul kamers, die toediening van hul medikasie, beskikbaarheid van ons verplegingsdienste, sosialisering en deelname aan alle aktiwiteite wat die Sentrum bied.

Ons Dienste

Die inwoners in Sentrum 2 is meestal selfversorgend, maar aangesien die gemiddelde ouderdom van ons inwoners toeneem – dit is tans 85 jaar! – word daar groter versorgingseise aan ons verpleegpersoneel gestel. Dit stem ooreen met ‘n wêreld-tendens dat afgetredenes langer selfstandig in die gemeenskap woon voordat hulle na aftree-oorde verhuis.

Aktiwiteite

Ons inwoners geniet elke week ‘n vol program. Hulle neem deel aan Fisiese Oefening, Videovertonings, Bingo, ‘n Breiklub, ‘n Rummikub klub,  Godsdienstige byeenkomste, Kerkdienste, Bybelstudie, ‘n Snoepwinkel, vervoer na winkelsentrums en klubs soos die “Kuierhoekie” en Vriendskapsklub. Daar is ook ‘n Biblioteek, Haarsalon en ‘n Fisioterapeut

  

  

  

Kom kuier gerus en sien ons verblyfopsies en dienste